Met al die negatiwiteit oor die laaste ruk, het dit dalk tyd geword om minder gehoor aan sosiale media te gee. Sit kennisgewings af. Sit jou rekenaar af nรก werk. Tel 'n pen op en griffel gedagtes neer, eerder as om ure lank deur teks te soek na iets meer opwindend. Ek is self skuldig hieraan, gereeld, maar ek dink ek het bewustheid ontwikkel oor die probleem en probeer iets daaraan doen ๐Ÿ™ƒ
@johanmynhardt ek stem saam. Maklikste is, klim op jou fiets of trek jou draf skoene aan en gaan draf bietjie. Kom net uit die huis uit en weg van die skerm.

@inetpro Of kar was ๐Ÿ˜‚ Nie die lekkerste ding om te doen nie, maar die verdienste op die tyd belรช is beter as sit en duime rol.

#SaterdagOggendDinge